Dux Akademie – Registrasie Prosedure
Inligting versamel
- Vul die aanlyn of fisiese inskrywingsvorm in met:
o Leerder se volle naam en graad
o Skool en vakke wat hulp benodig (Wiskunde / Fisiese Wetenskappe)
o Kontakbesonderhede van ouers of voog
o Mediese inligting of spesiale behoeftes (indien van toepassing)
Kies pakket en sessies
- Kies die tipes klasse: in persoon of aanlyn of self pakket of werkswinkel
- Kies ten minste 4 moontlike sessies Maandae – Donderdae wat jou gaan pas
- Dux Akademie sal die beskikbare tydgleuwe en tutore bevestig
Betaling
- Voltooi die betaling volgens die gekose pakket:
o Volledige betaling vooraf of
o Betaalplan soos deur Dux Akademie aangebied - Bewys van betaling moet saam met die inskrywingsvorm ingedien word
Bevestiging
- Na ontvangs van inskrywingsvorm en betaling, sal Dux Akademie ’n bevestigings-e-pos of WhatsApp stuur:
o Datum en tyd van eerste sessie
o Naam van tutor
Afwesigheid en herskedulering
- Indien ’n sessie gemis word, moet ouers/leerders minstens 24 uur vooraf kennis gee
- Dux Akademie sal probeer om die sessie te herskeduleer indien moontlik
Ondertekening en aanvaarding
- Ouers/leerders moet ’n verklaring teken dat hulle die Terms & Conditions verstaan en aanvaar
- Registrasie is slegs voltooi na ondertekening en betaling