Dux Akademie – Bepalings en Voorwaardes
Dienste
- Dux Akademie bied persoonlike en klein-groep ekstra klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe (Graad 10–12) aan.
- Ondersteuning fokus op begrip, probleemoplossing en akademiese vaardighede.
- Ons vervang nie die daaglikse skoolonderrig nie.
Inskrywings en betaling
- Volledige inskrywingsvorms moet ingevul word voor die eerste sessie.
- Betalings moet vooraf of volgens die gespesifiseerde betaalplan gedoen word.
- Geen terugbetalings vir gemiste sessies of afwesigheid nie, tensy dit vooraf gereël en goedgekeur is deur die akademie.
Afwesigheid en herskedulering
- Leerders moet minstens 24 uur vooraf kennis gee indien hulle ’n sessie wil herskeduleer.
- Dux Akademie behou die reg om sessies te kanselleer of te herskeduleer indien nodig, met kennisgewing aan ouers of leerders.
Wat nie ingesluit is nie
- Huiswerk skryf of take voltooi vir leerders
- Skoolonderrig of eksamenadministrasie
- Privaat vervoer of vervoer na klasse
- Waarborg van spesifieke punte of uitslae
- Onbeperkte ondersteuning buite die geskeduleerde sessies
- Tegniese toerusting vir aanlyn sessies, indien van toepassing
Gedrag en aanspreeklikheid
- Leerders moet respekvol en netjies teenoor tutors en ander leerders wees.
- Dux Akademie is nie verantwoordelik vir skade, beserings of verlies van persoonlike items tydens sessies nie.
- Die akademie behou die reg om leerders wat herhaaldelik die reëls oortree, van klasse te verwyder.
Intellektuele eiendom
- Alle lesmateriaal, notas, en oefeninge is eie materiaal van Dux Akademie.
- Geen materiaal mag kopieer, versprei of vir kommersiële doeleindes gebruik word sonder skriftelike toestemming nie.
Vrywaring
- Dux Akademie en sy tutors kan nie verantwoordelik gehou word vir skooltoetse, eksamenuitslae, punte of akademiese prestasie nie.
- Leerders se sukses hang af van deelname, oefening en toewyding.
Kennisgewings
- Alle kennisgewings aan ouers of leerders sal per e-pos, WhatsApp of telefoon gestuur word.
- Dit is die verantwoordelikheid van ouers/leerders om hul kontakbesonderhede op datum te hou.
Aanvaarding
- Deur inskrywing by Dux Akademie, aanvaar ouers/leerders hierdie Terms & Conditions en stem in om die reëls en bepalings te volg
- Prosedure vir registrasie: