Skip to content
Bou selfvertroue en akademiese sukses in
Wiskunde en Wetenskap
DUX Akademie bied professionele ekstra klasse vir Graad 10 tot 12 leerders in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Ons fokus op begrip, probleemoplossing en persoonlike ondersteuning om leerders te help om hul volle akademiese potensiaal te bereik.
DUX Akademie is gestig met ’n passie om leerders te help om selfvertroue en begrip in Wiskunde en Wetenskap te ontwikkel.
Met ’n fokus op kwaliteit onderrig, persoonlike ondersteuning en akademiese groei, help ons leerders om sterker probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel en beter akademiese resultate te bereik.
Ons doel is om ’n leeromgewing te skep waar leerders nie net die werk verstaan nie, maar ook die selfvertroue ontwikkel om uitdagende akademiese konsepte suksesvol te bemeester.
DUX Akademie ondersteun leerders van Graad 8 tot Graad 12 met gestruktureerde studiemateriaal wat fokus op die kern konsepte van elke graadvlak.
Ons materiaal is ontwerp om begrip te verbeter, moeilike konsepte te verduidelik en leerders voor te berei vir toetse en eksamens.
Graad 10
Wiskunde en Fisiese Wetenskap
Graad 11
Wiskunde en Fisiese Wetenskap
Graad 12
Wiskunde en Fisiese Wetenskap
Programme en Leeropsies
DUX Akademie bied verskeie leeropsies wat ontwerp is om by verskillende leerstyle en skedules te pas.
Aanlyn Ekstra Klasse
Interaktiewe ekstra klasse via Zoom waar leerders persoonlike ondersteuning ontvang, moeilike vrae bespreek en konsepte beter verstaan.
In-Persoon Klasse
SLEGS IN KLERKSDORP
Kleingroep klasse met maksimum 6 leerders per sessie, waar persoonlike aandag en direkte ondersteuning gegee word.
Selfleer Pakkette
- Kort verduidelikings van belangrike konsepte.
- Werkkaarte en memorandums
- Kahoot assesserings
Om toegang te kry tot DUX Akademie se ekstra klasse en leerprogramme
moet leerders eers registreer!
‘n Eenmalige registrasiefooi van
R500 per leerder
is van toepassing.
Hierdie registrasie sluit in:
- Administratiewe verwerking
- Opstel van leerderprofiel
- Aktivering van toegang tot leerplatform
- Kommunikasie-opstelling
- Dokumentasie voorbereiding
Na voltooiing van registrasie en betaling sal leerders:
- ’n bevestiging ontvang
- Toegang kry tot relevante studiemateriaal
- Skakels ontvang vir klasbesprekings
By DUX Akademie glo ons dat elke leerder die vermoë het om akademies te groei wanneer hulle die regte begeleiding en ondersteuning ontvang.
Ons doel is eenvoudig:
Om leerders te help om te verstaan, te groei en met selfvertroue te presteer.
Het jy vrae oor ekstra klasse, studiemateriaal of registrasie?
Ons help graag leerders en ouers om die beste leeropsies te kies.