By DUX Akademie glo ons dat elke leerder die potensiaal het om akademies uit te straal wanneer hulle die regte ondersteuning, verduideliking en selfvertroue ontvang.

Ons fokus op Wiskunde en Fisiese Wetenskappe vanaf Graad 8 tot Matriek, waar ons leerders help om konsepte werklik te verstaan en dit nie net te memoriseer nie.

Met gestruktureerde aanlyn leer, ekstra klasse en persoonlike ondersteuning help ons leerders om:

Moeilike Konsepte te Verstaan ✓

Selfvertroue te Ontwikkel ✓

Akademies Sterker te Presteer ✓

Waar alles begin het…

DIE STORIE VAN DUX AKADEMIE

DUX Akademie het amptelik sy naam in 2024 gekry, maar die passie agter die akademie het reeds meer as vyf jaar gelede begin.

Terwyl ek besig was met my studies, het ek begin om middag ekstra Wiskunde-lesse te gee by die Paul Kruger Kinderhuis in Pretoria. Wat begin het as ’n manier om leerders akademies te help, het vinnig gegroei tot iets baie groter.

Daardie ervaring het ’n diep liefde en passie ontwikkel om jong mense te help om Wiskunde en Wetenskap te verstaan, omdat hierdie vakke dikwels ’n groot rol speel in die geleenthede wat vir leerders oopgaan ná skool.

DUX Akademie is gebou op die oortuiging dat wanneer ’n leerder begrip en selfvertroue ontwikkel, verander dit nie net hul punte nie, dit verander hul toekomsmoontlikhede.

Ons Visie

Ons visie is om ’n leeromgewing te skep waar elke leerder deur persoonlike ondersteuning en kwaliteit onderrig die selfvertroue ontwikkel om hul volle akademiese potensiaal te bereik.

Ons Missie

DUX Akademie se missie is om kwaliteit ekstra klasse in Wiskunde en Wetenskap aan te bied wat fokus op:

Die ontwikkeling van begrip ✓

Die bou van selfvertroue ✓

Die verbetering van akademiese prestasie ✓

Ons doel is om leerders toe te rus met die vaardighede om krities te dink, probleme op te los en akademiese uitdagings met selfvertroue aan te pak.

Ons Waardes

Die fondasie van DUX Akademie is gebou op drie kernwaardes:

Geloof

Kennis

Selfvertroue

’n Passie vir kinders en akademiese groei.

ONTMOET DIE AANBIEDER – MARYKE

Maryke is nie net ’n tutor nie…

Sy is ’n mentor wat passievol is oor die ontwikkeling van jong mense.

Sy is ’n ma van twee pragtige kinders en verstaan daarom ook hoe belangrik dit vir ouers is om hul kinders se akademiese ontwikkeling te ondersteun.

Maryke het ’n BSc-graad in Biochemie en Fisiologie voltooi en is tans besig met haar NGOS/PGCE om haar onderwyskwalifikasie verder uit te bou.

Met byna ses jaar se ervaring in ekstra klasse het sy al baie leerders gehelp om moeilike konsepte te verstaan en hul akademiese selfvertroue terug te kry.

Wiskunde en Wetenskap is nie net skoolvakke nie…

dit leer ’n kind hoe om te dink

Hierdie vakke ontwikkel belangrike vaardighede soos:

Logiese Denke ✓

Probleemoplossing ✓

Analitiese Redenasie ✓

Volharding met Uitdagings ✓

Wanneer ’n leerder hierdie vaardighede ontwikkel, help dit hulle nie net op skool nie, maar ook in universiteit en toekomstige loopbane. Sterk prestasie in Wiskunde en Wetenskap maak ook baie studie- en loopbaangeleenthede oop ná matriek.

By DUX Akademie glo ons dat elke leerder die vermoë het om akademies te groei wanneer hulle die regte begeleiding en ondersteuning ontvang.

Ons doel is eenvoudig:

Om leerders te help om te verstaan, te groei en met selfvertroue te presteer.

Scroll to Top