DUX Akademie

Bepalings en Voorwaardes

Hierdie Bepalings en Voorwaardes (“Voorwaardes”) reguleer die gebruik van DUX Akademie se dienste. Deur ‘n leerder by DUX Akademie te registreer, bevestig die ouer/voog en/of leerder dat hierdie Voorwaardes gelees, verstaan en aanvaar is.


1. Dienste

DUX Akademie bied professionele ekstra klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan vir leerders vanaf Graad 10 tot Graad 12.

Die akademie bied die volgende programme aan:

  • Aanlyn Ekstra Klasse
  • In-Persoon Ekstra Klasse (Klerksdorp)
  • Selfleer Pakkette

Alle klasse fokus op die ontwikkeling van akademiese begrip, probleemoplossingsvaardighede en selfvertroue.

DUX Akademie is ‘n aanvullende akademiese ondersteuningsdiens en vervang nie die formele onderrig wat deur skole aangebied word nie.


2. Registrasie en Betaling

Alle registrasies moet volledig voltooi word voordat ‘n leerder toegang tot DUX Akademie se dienste ontvang.

Registrasie sluit die volgende in:

  • Voltooiing van die registrasievorm
  • Aanvaarding van hierdie Bepalings en Voorwaardes
  • Betaling van die registrasiefooi
  • Betaling van die gekose pakket

‘n Eenmalige registrasie- en administrasiefooi is betaalbaar per leerder.

Registrasie word eers as voltooi beskou nadat:

  • die registrasievorm volledig voltooi is;
  • bewys van betaling ontvang is; en
  • die betaling in DUX Akademie se bankrekening bevestig is.

DUX Akademie behou die reg voor om registrasie of toegang tot klasse uit te stel totdat alle betalings ontvang en geverifieer is.

3. Beskikbaarheid, Klasrooster en Herskedulering

Die dae en tye wat tydens registrasie deur die ouer/voog aangedui word, vorm die leerder se vaste weeklikse klasrooster en sal vir die betrokke maand geld.

Die ouer/voog is verantwoordelik om te verseker dat die gekose klasdae en -tye met die leerder se skool-, sport-, kultuur- en ander verpligtinge versoenbaar is.

Indien die leerder se beskikbaarheid gedurende die maand verander, moet DUX Akademie so spoedig moontlik telefonies of via WhatsApp daarvan in kennis gestel word, sodat alternatiewe klasdae en -tye, waar moontlik, gereël kan word.

Afwesigheid en Herskedulering

Indien ‘n leerder nie ‘n geskeduleerde klas kan bywoon nie, moet DUX Akademie minstens vier-en-twintig (24) uur voor die aanvang van die klas telefonies of via WhatsApp in kennis gestel word.

Wanneer voldoende kennisgewing ontvang word, sal DUX Akademie, waar moontlik, die gemiste klas herskeduleer. Herskedulering is egter onderhewig aan die beskikbaarheid van tutors en klasgleuwe en kan nie gewaarborg word nie.

Indien DUX Akademie nie minstens 24 uur vooraf in kennis gestel word nie:

  • sal die betrokke klas as aangebied beskou word;
  • verval die reg op herskedulering van die gemiste klas;
  • geen krediet of terugbetaling sal toegestaan word nie; en
  • DUX Akademie sal nie verantwoordelik wees om die gemiste klas op ‘n alternatiewe datum of tyd aan te bied nie.

DUX Akademie behou die reg voor om klasse, indien nodig, te herskeduleer of te kanselleer. Ouers of voogde sal betyds hiervan in kennis gestel word.

4. Betalingsbeleid

Alle klasfooie is vooruit betaalbaar.

Betalings moet geskied volgens die gekose pakket of enige goedgekeurde betaalplan.

Indien betalings nie betyds ontvang word nie, behou DUX Akademie die reg voor om:

  • toegang tot klasse tydelik op te skort;
  • toegang tot die leerplatform te beperk; en
  • verdere klasse te kanselleer totdat die rekening op datum is.

5. Terugbetalings

Registrasiefooie is nie terugbetaalbaar nie.

Geen terugbetalings sal toegestaan word vir:

  • gemiste klasse;
  • afwesigheid sonder voldoende kennisgewing;
  • kansellasie deur die ouer of leerder; of
  • gedeeltelik gebruikte pakkette.

Selfleer-pakkette is geldig vir twaalf (12) maande vanaf die datum van aankoop en is nie terugbetaalbaar nadat toegang tot die digitale inhoud geaktiveer is nie.


6. Wat nie by DUX Akademie se Dienste Ingesluit is nie

DUX Akademie se dienste sluit nie die volgende in nie:

  • voltooiing van huiswerk of take namens leerders;
  • formele skoolonderrig;
  • eksamenadministrasie;
  • vervoer van of na klasse;
  • onbeperkte akademiese ondersteuning buite geskeduleerde klasse;
  • voorsiening van rekenaars, internettoegang of ander tegniese toerusting vir aanlyn klasse; en
  • enige waarborg van spesifieke akademiese prestasie of eksamenuitslae.

7. Gedrag en Aanspreeklikheid

Leerders moet te alle tye:

  • respekvol optree teenoor tutors en mede-leerders;
  • die akademie se reëls nakom; en
  • ‘n positiewe leeromgewing help handhaaf.

DUX Akademie behou die reg voor om enige leerder wat herhaaldelik die gedragsreëls oortree, tydelik of permanent van klasse te verwyder.

DUX Akademie aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies, skade of diefstal van persoonlike besittings tydens klasse nie.


8. Intellektuele Eiendom en Kopiereg

Alle studiemateriaal, video’s, werkboeke, memorandums, assesserings, notas, grafika en digitale inhoud bly die uitsluitlike eiendom van DUX Akademie.

Geen inhoud mag:

  • gekopieer;
  • versprei;
  • gedeel;
  • opgelaai;
  • verkoop;
  • gepubliseer; of
  • aan enige derde party beskikbaar gestel word

sonder die vooraf skriftelike toestemming van DUX Akademie nie.

Enige oortreding van hierdie bepaling sal as ‘n ernstige kopieregskending beskou word en DUX Akademie behou die reg voor om toepaslike siviele en/of strafregtelike stappe teen die oortreder te neem.


9. Vrywaring

DUX Akademie en sy tutors kan nie aanspreeklik gehou word vir:

  • individuele skooluitslae;
  • toets- of eksamenpunte;
  • toelating tot enige instelling; of
  • akademiese prestasie van die leerder nie.

Die leerder se sukses hang onder andere af van:

  • gereelde klasbywoning;
  • aktiewe deelname;
  • onafhanklike studie;
  • oefening; en
  • persoonlike toewyding.

10. Kommunikasie

Alle amptelike kommunikasie sal via:

  • E-pos
  • WhatsApp
  • Telefoon

plaasvind.

Dit bly die verantwoordelikheid van die ouer/voog om DUX Akademie onmiddellik in kennis te stel indien kontakbesonderhede verander.


11. Aanvaarding

Deur die registrasievorm te voltooi en by DUX Akademie te registreer, bevestig die ouer/voog dat:

  • alle inligting volledig en korrek is;
  • hierdie Bepalings en Voorwaardes gelees en verstaan is;
  • die bepalings aanvaar word; en
  • die ouer/voog instem om daaraan gebonde te wees.

12. Registrasieprosedure

Registrasie by DUX Akademie bestaan uit die volgende stappe:

  1. Voltooi die aanlyn registrasievorm.
  2. Verskaf die vereiste ouer-/voog- en leerderbesonderhede.
  3. Kies die toepaslike pakket en enige opsionele dienste.
  4. Betaal die registrasiefooi en klasfooie.
  5. Laai die bewys van betaling op.
  6. Aanvaar die Bepalings en Voorwaardes, Privaatheidsbeleid en Kopieregbeleid.
  7. Ontvang ‘n bevestigings-e-pos sodra die registrasie en betaling geverifieer is.
  8. Ontvang die klasrooster, Zoom-skakels (waar van toepassing) en toegang tot die toepaslike leerplatform en studiemateriaal.
Scroll to Top